Die kompetisie
Globale blootstelling op plaaslike terrein
Met meer as 30 jaar se ondervinding in die bestuur en bemarking van wyn en spiritskompetisies dwarsoor die wêreld, vestig Concours Mondial de Bruxelles (CMB) nou ook permanent in Suid-Afrika. Die nasionale South Africa Selection by CMB is oop vir wyn en spiritsprodusente in Suid- en suidelike Afrika.
Hierdie opwindende kompetisie bied aan produsente nou ‘n globale maatstaf om hulself te posisioneer in beide plaaslike en internasionale markte onder die vaandel van een van die wêreld se mees invloedryke kompetisies – sonder die risiko en die koste van internasionale verskeping.
Word deel van die kompetisie !
Om aan-lyn in te skryf, is die eenvoudigste en vinnigste! Ons span sal jou bystaan waar nodig.