Sauvignon Selection by CMB Medal

South Africa
Selection

by CMB

Concours Mondial de Bruxelles bied met trots aan, die South Africa Selection by CMB, ‘n invloedryke en gesogte kompetisie vir alle Suid-Afrikaanse wynprodusente en distileerders. .

Robertson Suid-Afrika
26–28 Oktober 2026

‘n Globale maatstaf vir wyn en spiritskompetisies

Ons visie: om Suid-Afrika se top wyne en gedistileerde produkte te identifiseer en daardeur Suid-Afrika se wyn-kultuur wêreldwyd te bevorder. 

Concours Mondial de Bruxelles branded bags
Die kompetisie

Globale blootstelling op tuisgrond

Met meer as 30 jaar ondervinding in die bestuur en bemarking van wyn- en spiritskompetisies dwarsoor die wêreld, vestig Concours Mondial de Bruxelles (CMB) nou ook permanent in Afrika. Die nasionale South Africa Selection by CMB is oop vir wyn- en spiritsprodusente in Suid- en Suidelike Afrika.

Hierdie opwindende kompetisie bied nou aan produsente ‘n globale maatstaf om hulself mee te posisioneer in beide plaaslike en internasionale markte onder die vaandel van een van die wêreld se mees invloedryke kompetisies. En dit sonder die risiko en die koste van internasionale verskeping.

Meer oor die kompetisie
Background image cathedral
2026 Kompetisie

Robertson Wynvallei

Die derde uitgawe van South Africa Selection by CMB sal trots gehou word van 26 tot 26 Oktober 2026 in die Robertson Wynvallei.

Vind meer uit oor die 2026 kompetisie
Someone serving a glass of red wine

Beoordelaars

Die 2026 paneel bestaan uit 6 geselekteerde wyn spesialiste. Slegs professionele wyn kenners word genooi om deel te wees van ons beoordeelaarspanele. Hierdie beoordeelaars is in die eerste plek uitgesoek vir hul vermoë om die kompetisie se inskrywings onafhanklik te beoordeel en daaruit die bestes te vind en te bekroon. Hulle is egter ook invloedryke wynskrywers, invoerders en verspreiders, bemarkers en joernaliste.

Ontdek ons beoordelaars

Jongste nuus

Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!
Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!
Nuus
Internasionale swaargewig vestig in Suid-Afrika – Concours Mondial de Bruxelles (CMB) open vir 2024 inskrywings!

03 Jun 24

Concours Mondial de Bruxelles kondig aan die vestiging van ’n permanente nasionale kompetisie in Suid-Afrika

12 Apr 24

Bedryfsvenote

Word deel van die kompetisie !

Om aan-lyn in te skryf, is die eenvoudigste en vinnigste! Ons span sal jou bystaan waar nodig.