Registrasie
Wil jy by die kompetisie aansluit ?
Om aan-lyn te registreer en jou produkte in te skryf, is die heel maklikste en vinnigste manier om in te skryf. Ons span sal jou bystaan waar nodig.
Belangrike datums
| Inskrywings open | 01/07/2026 |
| Sluitingsdatum vir inskrywings | 01/10/2026 |
| Laaste dag vir aflewering van inskrywings | 09/10/2026 |
| Beoordeling | 26–28 Oktober 2026 |
| Resultate | 04/11/2026 |
Registrasie en inskrywings
Om aan-lyn te registreer en jou produkte in te skryf, is die heel maklikste en vinnigste manier om in te skryf. Inskrywings sal eers verwerk, en inskrywings aan ons paneel voorgelê word vir beoordeling, wanneer alle dokumente volledig ontvang en inskrywingsfooie betaal is. Nuwe deelnemers sal ‘n gebruikersnaam en wagwoord gestuur word, wat nodig is om toegang te kry tot jou rekening.
Bevestiging van registrasie
Ontvangs van registrasie sal bevestig word. Die volgende word vereis
- Voltooide inskrywingsvorms vir elke produk
- Sertifiseringsdokumente: WSR2 of WSR4/onafhanklike laboratorium analise in geval van spiritualiëe
- Oorspronklike voor- en rug-etiket vir elke produk
- Betaling vir inskrywings kan kredietkaart gedoen word of per internasionale bankoordrag, waarvoor ‘n bewys van betaling ingesluit vereis word.
Organiseerder : CMB - Concours Mondial de Bruxelles
Aflewering van inskrywings
5–9 Oktober 2026Registrasie sal op 1 Julie oopmaak en op 1 Oktober 2026 sluit.
Afleweringsure :
Maandag tot Vrydag, 08:00 – 16:00
Afleweringsadres :
6 Lorea Close, Plattekloof 2,
Cape Town ZA
Vereistes :
- Drie (3) 750ml bottels word vereis vir wyn inskrywings
- Twee (2) bottels word vereis vir spiritualiëe inskrywings
Vir enige navrae of alternatiewe reëlings, kontak Maryna Calow by +27 84 477 46 45 of maryna.calow@vinopres.com
Inskywingsfooie
Standaard inskrywingsfooie: 115€ per inskrywing en 105€ vir vyf of meer inskrywings
| Prys/ sample | |
|---|---|
| from 1 to 4 | 115,00 € |
| 5 of meer | 105,00 € |
Die fooie moet by registrasie betaal word. Indien die registrasiekoste vir 'n produk nie ontvang is nie, sal daar nie aan deelgeneem kan word nie.
Betalings kan gemaak word deur:
Debiet- of kredietkaart Visa, Mastercard of American Express
Bankoorplasing na rekeningnommer VINOPRES BE 87 0001 2552 7494 (IBAN), BPOTBEB1 (Bank Identifikasiekode BIC) by die Banque de la Poste (CCP – B-1000 Brussel)