Someone serving a glass of red wine

Registrasie

Wil jy by die kompetisie aansluit ?

Om aan-lyn te registreer en jou produkte in te skryf, is die heel maklikste en vinnigste manier om in te skryf. Ons span sal jou bystaan waar nodig.

Belangrike datums

Inskrywings open 01/06/2024
Sluitingsdatum vir inskrywings 31/08/2024
Laaste dag vir aflewering van inskrywings 31/08/2024
Beoordeling 17 tot 20/09/2024
Resultate 26/09/2024

Registrasie en inskrywings

Om aan-lyn te registreer en jou produkte in te skryf, is die heel maklikste en vinnigste manier om in te skryf. Inskrywings sal eers verwerk, en inskrywings aan ons paneel voorgelê word vir beoordeling, wanneer alle dokumente volledig ontvang en inskrywingsfooie betaal is. Nuwe deelnemers sal ‘n gebruikersnaam en wagwoord gestuur word, wat nodig is om toegang te kry tot jou rekening.

Registrasie document

Bevestiging van registrasie

Ontvangs van registrasie sal bevestig word. Die volgende word vereis

  1. Voltooide inskrywingsvorms vir elke produk
  2. Sertifiseringsdokumente: WSR2 of WSR4/onafhanklike laboratorium analise in geval van spiritualiëe
  3. Oorspronklike voor- en rug-etiket vir elke produk
  4. Betaling vir inskrywings kan kredietkaart gedoen word of per internasionale bankoordrag, waarvoor ‘n bewys van betaling ingesluit vereis word.

Organiseerder : CMB - Concours Mondial de Bruxelles

Aflewering van inskrywings

Tot 31 Julie

Inskrywings open op Maandag, 1 Julie en sluit op Woensdag, 31 Julie 2024

Afleweringsure :

Maandag tot Vrydag, 08:00 – 16:00

Afleweringsadres :

Longridge Wine Estate, Helderberg Pad/Eikendal Pad (draai af van die R44), Somerset Wes.

Vereistes :

  • Drie (3) 750ml bottels word vereis vir wyn inskrywings
  • Twee (2) bottels word vereis vir spiritualiëe inskrywings

Vir enige navrae of alternatiewe reëlings, kontak Lorraine Immelman by 0825 568 679 of southafricaselection@vinopres.com

Inskywingsfooie

Inskrywingsfooie word afwaarts aangepas volgens die aantal inskrywings :

Monsters Prys / monster
van 1 tot 4 120,00 €
5 of meer 105,00 €

Betaling mag as volg gemaak word :

  • Direkte betalings (EFT) moet na die volgend rekening gemaak word: VINOPRES BE 87 0001 2552 7494 (IBAN) BPOTBEB1 (Bank Identification Kode) of Banque de la Poste (B-1000).
  • Per Visa, MasterCard of American Express krediet kaart. Voltooi asseblief die toepaslike spasie op die Registrasievorm. Hierdie betalings word vereis met registrasie.
  • Betalings mag ook gedoen word met behulp van ons veilige webwerf, «Ogone».
  • Stuur asseblief bewys van betaling per epos na southafricaselection@vinopres.com

Bepalings en Voorwaardes

Laai die volledige Regulasies af